Die bestuur van die geintegreerde gehaltebestuurstelsel
- Authors: James, Raymond Oscar
- Date: 2007
- Subjects: Total quality management -- South Africa , Quality assurance -- South Africa
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MEd
- Identifier: vital:9540 , http://hdl.handle.net/10948/682 , Total quality management -- South Africa , Quality assurance -- South Africa
- Description: Die doel van hierdie studie was om te kyk hoe effektief die Geïntegreerde Gehaltebestuurstelsel (GGBS), en wel die taksering van opvoeders, bestuur kan word om positiewe resultate by skole te bereik. Die studie is gedoen binne die Interpretivistiese benadering. Data-invordering is gedoen deur middel van vraelyste, observasie en onderhoude. Die studie het getoon dat opvoeders onseker was, juis omdat die Onderwysdepartement nie die nodige leiding gegee en die nodige hulpbronne gehad het nie. Die afgelope twee jaar ( 2006 en 2007 ) egter het die Departement skouer aan die wiel gesit en hulp aan skole verleen, hetsy deur die beskikbaarstelling van die nodige vorms, of die aanstel van ‘n koördineerder om hulp aan skole te verskaf. Die belangrikste uitkomste van die studie was die besef dat opvoeders se vrese en aannames aangespreek moet word om ‘n gehaltebestuurstelsel effektief te maak. Slypskole moet gehou word om hulp en bystand aan die getakseerdes te verleen. Die bestuurspan van die skool moet ook indiensopleiding ondergaan, sodat hulle presies kan weet wat van hulle verwag word. Op hierdie manier word onsekerhede uit die weg geruim, want onsekerheid was die grootste probleem waarmee opvoeders te kampe gehad het in die implimentering van die GGBS.
- Full Text:
- Date Issued: 2007

Die verbetering van dissipline as 'n sleutelbestuurstaak in 'n skool
- Authors: September, Willie Jeffrie
- Date: 2007
- Subjects: Classroom management -- South Africa , School discipline -- South Africa , School management teams
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MEd
- Identifier: vital:9542 , http://hdl.handle.net/10948/679 , Classroom management -- South Africa , School discipline -- South Africa , School management teams
- Description: Die doel van hierdie studie is om die dissiplinêre probleme in skole soos dit in die Oudtshoorn-omgewing voorkom, te identifiseer en aan te spreek. Dit word gedoen deur te let op: • die skoolklimaat wat by 'n skool heers en die uitwerking van die skoolklimaat op die dissipline van`n skool. • die dissiplinêre probleme wat met skooldissipline in skole ervaar word. • die oorsake van skooldissipline en in watter mate die omgewing waarin die skool geleë is 'n invloed op skooldissipline het en • om oplossings vir dissiplinêre probleme soos vasgestel aan die hand te doen. Die studie poog om deur kwalitatiewe navorsingsmetodes vas te stel hoe prinsipale, opvoeders en leerders die huidige dissiplinêre situasie in skole ervaar. Dit poog dus om eerstehandse kennis te verkry van hul denke, gevoelens en gedagtes en hoe hierdie fenomeen hulle beïnvloed. Die studie kyk ook in watter mate skoolklimaat op die breë spektrum van skooldissipline 'n invloed het, en hoe die verbetering van skooldissipline `n sleutelbestuurstaak in 'n skool is. Die belangrikste bevindinge van die studie is dat daar samewerking tussen opvoeders en ouers moet wees om negatiewe leerdergedrag aan te spreek. Die studie dui ook aan dat kommunikasie tussen alle rolspelers van uiterse belang is om die dissiplinêre probleme binne skole aan bande te lê. Skoolleierskap moet hulle ook vergewis van die jongste metodes om dissiplinêre probleme aan te spreek. 'n Positiewe skoolklimaat of kultuur is ondersteunend om skooldissipline te verbeter.

- «
- ‹
- 1
- ›
- »